Vind my

Maar Hy antwoord: Ek sê vir julle: As hulle stilbly, sal die klippe uitroep."

Dit is deesdae nie so maklik om die Here met oorgawe te dien nie. Elke dag is 'n gejaag met klomp goedjies om te doen en in die aand kry jy maar 'n klein tydjie om saam met Hom te spandeur voor jou oë toe val. Ek wil anders lewe, ek wil Hom deel maak van daardie gejaag om goed klaar te kry. Ek wil hê Hy moet saam met my op my photoshoots gaan. Ek wil hê Hy moet vir my sê daardie stukkie moet bietjie blouer of ligter geverf word. Hy moet deel wees van alles wat ek doen en aanpak. Soms is dit moeilik, maar ek weet uit ervaring dat dit die moeite werd is. Ek SAL uitroep sodat die klippe nie hoef uit te roep nie. Hoe kan 'n mens stil bly as jy weet Hy is die rede hoekom jy vreugde kan ervaar deur dit wat jy doen. Ons (die wêreld) is net tydelik en dan is ons verewig by HOM (Yeah!!). Ek sien uit daarna en wil so lewe dat ander ook kan uitsien daarna. Ek wil 'n foto neem waarin mense Sy liefde kan sien en 'n skildery verf wat van Sy genade getuig. Ek wil deur my werke die Here se Naam uitroep en verheelik!