Vind my

DIE LIGHUIS

Verblyf

IETSIE OOR ONS DORPIE

Ons twee lighuisies is geleë agter Die Lighuis gallery. Ons gebed is om mense te kan ontvang, waar hulle 'n tyd van ekstra vrede kan ervaar. 'n Plek wat net soos 'n lighuis vir hulle rigting aandui en sommer net dat hul weer by die enigste ware lig sal kan uitkom.

 

Ons Porterville mense is gemaak om lief te hê en lekker geselsies aan te knoop. Wees gewaarsku, ons groet sommer op straat en gesels lang stukke in die winkel (veral ons dierbare oumensies). Hier is pragtige natuurskoon, gaan besoek gerus 22Watervalle en elke Saterdagoggend het ons 'n plaasmarkie  met die beste vars produkte. Ons is 'n klomp kunstige mense en al is ons bietjie versteek in ons klein dorpie is dit die moeite werd om uit te vind wie ons is. Die meeste mense sal jou sommer in nooi en jy mag dalk dan net sommer 'n koffietjie ook geniet.

Net langs ons huisies is ons "eie" restuarant Koppie Koffie, waar mens 'n lekker ontbyt, middagete of aandete kan geniet.

As jy dalk verloof is en wil trou, dan help ons jou sommer daar ook. Gaan loer gerus na Laatson Onthale vir 'n pragtige onthaal en kuier area.

ONS HUISIES

Elke lighuisie bestaan uit 'n kamer met 'n qeeun size bed, stort, toilet en was areatjie. Dit is 'n snoesige kamer met net die nodigste en met so baie liefde gebou en versier.